Gars as ʼn Bron van Stysel in Skaaprantsoene

deur Pieter Louw.

 

 

Met die huidige hoë mielieprys moet daar gekyk word na goedkoper of alternatiewe bronne van energie vir skaapgroei en afrondrantsoene. Daar is verskeie opsies wat oorweeg kan word wat soortgelyke groei bewerkstellig sowel as die produksie van die besigheid handhaaf.

Met weersomstandighede wat ideaal is vir die produksie van gars, koring, kanola en hawer, beleef die Overberg hierdie jaar ‘n goeie opbrenges tot dusver. Daar is sommige boere wat praat van meer as bo gemiddelde opbrengs per hektaar. Swaar reën het egter veroorsaak dat waarskynlik nie al die gars as moutgars gelewer sal kan word nie weens pitte wat bars. Gars wat ongeskik is vir moutery word afgradeer na voergraadgars wat hoofsaaklik dan in veevoer beland. Laat reëns veroorsaak dat die garspit na aan sy rypwordproses swel en so die veselagtige doppie om die pit kraak. Die gebreekte pitte is ongewens vir mouterye soos SAB aangesien dit lei tot oneweredige ontkieming tydens die moutery proses. Volgens lede van die graan afdeling van Overberg Agri, wat meeste van die graanstoorfasiliteite in die Overberg bestuur, lyk dit of daar die seisoen redelik voergraadgars in die mark gaan wees.

Gars is ‘n baie veelsydige graan wat al vir jare lank in veevoer gebruik word. By beesrantsoene het kleingraan ‘n hoër risiko van asidose (suurpens) omdat die verteringsproses vinniger is in vergelyking met die van skape. Kleingraan is van hoër waarde vir skaaprantsoene omdat die risiko van asidose baie laer is.

Gars het oor die algemeen ongeveer 80% van die styselwaarde van mielies. Mielies bly egter steeds die ‘Rolls royces’ van styselbronne in veevoer indien die prys goed is. Vir die doeleindes van gars in skaapgroei en -afrond rantsoene kan die garspitte heel gehou word aangesien ‘n skaap sy voer heelwat fyner kou as byvoorbeeld beeste. Navorsing bewys dat gemaalde of ongemaalde gars ewe effektief is wanneer dit gebruik word vir skaapvoeding. Omdat groei- en afrondrantsoene baie gekonsentreerde vlakke van stysel bevat is dit moeilik om die styselvlak presies dieselfde te kry as die van ‘n mengsel met mielies, maar vir die koste van gars teenoor mielies kan daar effe ingeboet word op groei tempo.

Teen ‘n mielie prys van R4900/ton sal ‘n gars prys van R3920/ton die alternatief regverdig. Sien die onderstaande tabel vir die vergelyking van gars se stysel vlakke teenoor mielies se stysel vlakke.

 

 

‘ n Tipiese rantsoene vir groei sal as volg lyk

 

 

In ‘n algemene aanbeveling vir skaaprantsoen (bostaande tabel) word die % mielies net so uit geruil vir gars, maar teen ‘n koste van groeitempo. In rantsoene waar daar mielies gebruik is, is daar volgens proewe gedoen by Spesbona plaas in Helderstroom, gewigstoenames van gemiddeld 408g/dier/dag gemeet teen ‘n inname van ongeveer 3.6% van liggaamsmassa. Ongelukkig is daar nie van dieselfde data tans vir rantsoene met gars nie, maar volgens boereproewe waar mielies en kleingraan vergelyk word was die groeitempo van skape laer op ‘n kleingraanrantsoen as op ‘n mielierantsoen. Maak dus seker dat die effense verlies aan groeitempo die laer prys van graan regverdig.

Met die wye reeks AFGRI  HPK’s kan daar meer as net Skaapgroei- en -afrond rantsoene geformuleer word wat ander fases van die skaapboerdery sowel as vleisbeesboerdery kan aanvul.