Produkkodes:
R1111 – Suiwel HPK 40
R1112 – Suiwel HPK 40 NPN Free
R1113 – Suiwel HPK 60
R1110 – Suiwel 32 Konsentraat Maize Free
R1128 – Scientific Bovine 21% Maize Free
R1129 – Scientific Bovine 23% Maize Free
Die AFGRI Hoë Proteïen Konsentraat Produk Reeks (AFGRI HPK) bestaan uit verskeie HPK’s om aan kliënte se behoeftes te voldoen. Die reeks is geformuleer met hoë-gehalte grondstowwe vir gemiddelde tot hoë melkproduksie uitsette. Raadpleeg ʼn AFGRI Tegniese Adviseur vir ‘n aanbeveling.
Voordele van AFGRI Suiwel HPK
- Die HPK Produk Reeks is wetenskaplik geformuleer.
- Die HPK Produk Reeks bevat geen herkouer byprodukte nie en kan dus nie bydra tot siektes soos malkoeisiekte nie.
- Die HPK Produk Reeks bevat die nodige vitamiene en minerale vir verbeterde prestasie van melkkoeie.
- Farmaseutiese middels soos buffers, gis, ensieme en addisionele minerale, om maar ‘n paar te noem, kan op aanvraag of voorskrif addisioneel tot suiwelprodukte bygevoeg word.