‘n Gesonde lewer lei tot ’n gesonde koei
Deur Nico Bisschoff, tegniese formulasiebestuurder, AFGRI Veevoere ’n Koei se lewer weeg sowat 1,3 tot 1,6% van haar liggaamsgewig en vereis ’n groot hoeveelheid energie om al die relevante metaboliese funksies te verrig. Die lewer verrig verskeie rolle in die metabolisme van glukose, lipiede en proteïene, sowel as ketogenese, immuunfunksies, ammoniak-ontgiftiging, steroïedhormoonkatabolisme, vitamiene en mineraalmetabolisme […]