‘n Gesonde lewer lei tot ’n gesonde koei

Deur Nico Bisschoff, tegniese formulasiebestuurder, AFGRI Veevoere

’n Koei se lewer weeg sowat 1,3 tot 1,6% van haar liggaamsgewig en vereis ’n groot  hoeveelheid energie om al die relevante metaboliese funksies te verrig. Die lewer verrig verskeie rolle in die metabolisme van glukose, lipiede en proteïene, sowel as ketogenese, immuunfunksies, ammoniak-ontgiftiging, steroïedhormoonkatabolisme, vitamiene en mineraalmetabolisme en talle ander prosesse.

Die koei se fisiologiese stadium het ook ’n groot uitwerking op die lewer se werkslading. Tydens die oorgang van dragtig na lakterende vind ’n magdom prosesse in die koei plaas, soos ’n verandering in metaboliese vereistes en die verskillende metaboliete wat daarmee gepaardgaan. Die koei is gedurende dié tydperk in ’n negatiewe energiebalans omdat haar

vereistes baie hoër is as wat deur haar inname voorsien kan word. Al bogenoemde faktore veroorsaak dat die lewer ’n beperkte metaboliese kapasiteit het.

Glukose en laktose

’n Koei in vroeë laktasie se energiebehoeftes kan drie keer meer wees as normaalweg. ’n Koei wat 36kg melk gee, gaan sowat 3kg  glukose slegs vir melkproduksie benodig. Die koei neem baie min glukose direk vanuit haar dieet op, as  gevolg van die fermentasie van koolhidrate in die rumen.

Die meerderheid van die glukose wat vir weefselfunksies benodig word en die laktose wat vir melksintese benodig word, word in die lewer geproduseer. Die belangrikste substrate wat in die lewer gebruik word, is propionaat, asetaat en aminosure.

Vetneerlegging in die lewer is ’n groot probleem, veral tydens die oorgangstydperk van dragtig tot lakterend. Liggaamsreserwes word onttrek as gevolg van die negatiewe energiebalans waarin die koei verkeer. Die beperkte kapasiteit van die lewer om al die produkte doeltreffend te hanteer, lei tot vetneerlegging en die vorming van verskeie

ander produkte wat nadelig is vir die koei. Die vet in die lewer verminder verder die orgaan se kapasiteit om sy noodsaaklike rolle doeltreffend te vervul.

Moontlike probleme

Die belangrikste probleme wat kan ontstaan as gevolg van die lewer wat suboptimal funksioneer, is vet in die lewer, verlaagde vrugbaarheid, verhoogde inflammasie, verhoogde gevalle van verplaaste abomasum, behoue nageboorte en metritis, verhoogde gevalle van mastitis, ’n verlaging in melkproduksie en meer vroeë uitskotkoeie.

Dit is baie belangrik om bestuur tydens   die droë tydperk al reg te kry ten einde newe-effekte op die lewer te verminder. Dit is gedurende hierdie tydperk belangrik dat koeie ’n goeie liggaamstelling van tussen 2,5 en 3 behou. Hul  liggaamstelling moenie in dié tydperk meer as 0,5 afwyk nie.

Voer- en waterinname

Evalueer voerinname gedurende hierdie tydperk en kyk wat in die bakke oorbly. So kan ’n mens ’n idee kry waarom alles nie gevreet was nie, soos muf in die voer. Maak ook seker daar is genoeg vreetspasie vir die diere, sodat hulle gemaklik kan vreet en genoeg geleentheid het om vars voer te kry.

Genoegsame vars water is altyd belangrik. Maak ’n punt daarvan om gereeld daarna te kyk. Dit is ook baie belangrik dat diere tydens dié tydperk ’n gebalanseerde rantsoen moet ontvang vir die voorkalf- en vars periodes.

Koeigemak is noodsaaklik want stres het ’n negatiewe uitwerking op die lewer. Hittestres verminder byvoorbeeld die bloedvloei na die organe. Die bloed beweeg dan meer oppervlakkig om van die hitte ontslae te raak. Dit kan lei tot ’n verlaging in dermwandintegriteit en gevolglike endotoksiene van bakterieë in die bloedstroom, wat die lewer  negatief kan beïnvloed.

Beskermende strategieë

Verskeie strategieë kan gebruik word om die koei se lewer te beskerm. Monensin is een middel waarmee die propionaatproduksie in die rumen bevoordeel word. So word meer substraat vir die lewer voorsien vir die vorming van glukose. Dus is die nood vir die gebruik van liggaamsreserwes minder.

Die oksidatiewe status kan deur die voorsiening van vitamien E en selenium verbeter word. Hoër vetvoorsiening in die vorm van beskermde vet en veral sekere vetsure het ’n beskermende uitwerking op die lewer, veral tydens die oorgangstydperk en vroeë laktasie.

Propileenglikol tydens die oorgangstydperk help ook om die negatiewe  energiebalans te verminder en beskerm sodoende die lewer. Cholienaanvulling toon ook goeie resultate, maar dit moet in ’n rumenbeskermde vorm gegee word.

Nicci Oosthuizen: Proudly AFGRI, born and bred

With the Covid-19 pandemic still in full swing and 2021 still in its baby shoes, many of us feel uncertain about the future. With so many dreams and goals for ourselves and our children, how do one navigate this year?

“A pessimist sees the difficulty in every opportunity,” Winston Churchill once said, “but an optimist sees the opportunity in every difficulty.”

The AFGRI Animal Feeds family has therefore made a promise to ourselves and our customers that despite these chaotic and uncertain times, we will live to the fullest and not give up on our dreams nor those of the next generation.

Celebrating success

In anticipation of a bright future ahead, we’re celebrating and sharing some of our AFGRI family’s achievements to motivate and inspire us all to continue chasing our dreams.

Nicci Oosthuizen, a grade 11 scholar at Afrikaanse Hoër Meisieskool, is the youngest netball player in history to have been selected for the South African under-21 team. The SA U/21 team is currently preparing for the Netball World Cup Junior League 2021, which will take place in Fiji this year.

Nicci’s achievement comes after a lot of dedication and practice. She enjoys her position as centre and has been playing netball since the age of nine years. Nicci is known by her team for her quick hands and ability to balance and control the game expertly. Nicci’s coach, Amanda Mynhardt, told News24 that what really sets Nicci apart is her brilliant mind.

AFGRI has also been the proud head sponsor of Meisies Hoër for the past few years. And Nicci, herself a family member from the AFGRI stable, wears the AFGRI logo on her netball dress with so much pride since it holds personal meaning for her.

 

Nicci Oosthuizen, our AFGRI baby achieving big dreams.

On behalf of the business and the AFGRI brand, I would like to again congratulate Nicci on her phenomenal achievement. Our prayer is that God will protect you from injury and fill you with strength and courage to use your talents and your full potential.

We’re proud of you Nicci!

Anina Hunter

Quote from B. C. Forbes

Agtag-Quotes-1

Quote from Dwight D. Eisenhower

Agtag-Quotes-2